INHEEMSE MEDISINALE PLANTEPROJEK

Die museum is sedert 1982 reeds besig met die navorsing en dokumentering van die oorspronklike mondelinge geskiedenis van die tradisionele kruiemiddels wat in die Montagu omgewing groei.  Die Koisan wat in hierdie gebied gewoon het, het 'n buitengewone kennis en gebruik van die inheemse medisinale plante en kruie gehad.  Die pionierboere wat in die distrik kom woon het, het hierdie tradisionele rate gebruik, aangesien die plase afgeleë was.  Vandag word hierdie kruierate nogsteeds gebruik, maar met die afsterwe van die ouer mense, gaan waardevolle inligting verlore.

Die meeste van die inheemse plante wat by die museum nagevors word, is in die medisinale kruietuin agter Jouberthuis te sien.   Die museumpublikasie
Kruierate van Montagu Museum is by albei museums te koop.   

KRUIERATE

Hier is 'n lys van sommige kruiemengsels wat te koop is by beide museums.  Dit kan ook bestel word per telefoon, faks of oor die pos.  Posadres:  Montagu Museum, Posbus 107, Montagu, 6720. 
Telefoon en faks:  (023) 6141950.       E-pos:  mmuseum@lando.co.za