Explore South Africa
Images from the Village Museun in Stellenbosch

Stellenbosch Titbits

Welcome, to Stellenbosch Museum

Stellenbosch Toy and Miniature Museum

Stellenbosch Museum
Erfurthuis
Ryneveldstreet 37
Stellenbosch
7600

Tel. 021 887 2948
stelmus@mweb.co.za

Some other interesting information on Stellenbosch
(Afrikaans and English)

ROOKGEWOONTE KOM VAN VER


Die eerste kennismaking van Europeërs met tabak was toe Columbus en sy geselskap die gewoonte by die Indiane in Amerika teëgekom het in die laaste jare van die 15de eeu.
Hul gebruik om dié kruid se blare te droog, te rol en te rook, het vinnig deur Europa versprei, veral deur die Spaanse en Engelse handelsvaarders waar hulle by die hawens aangedoen het. Ongeveer 'n eeu na die bekendstelling van die rook van tabak in Europa, het dit veral sterk inslag in Engeland gevind, waar dit hoog geag is as 'n geneesmiddel en stimulant.
Die medium wat gebruik is om die rook van hierdie kruid ten volle in te adem, was die langsteel kleipyp. Reeds gedurende die 16de eeu het dié kleipyp sy verskyning in Engeland gemaak, maar dit was eers met die vestiging van Engelse pypmakers in Holland gedurende die beginjare van die 17de eeu, dat hierdie merkwaardige bedryf in Hollandse sentrums soos Haarlem, Gouda en Rotterdam ongekend toegeneem het.
Met die vestiging van die verversingspos aan die Kaap, het die rookpyp spoedig ook 'n belangrike rol in die Kaapse sosiale lewe gespeel. Hierdie feit word telkens bevestig deur skriftelike bronne sowel as argeologiese opgrawings.
Op Stellenbosch het die histories-argeologiese ondersoek reeds verskeie kleipype, stele en fragmente opgelewer. Hulle word gewoonlik saam met Chinese porselein- en glasfragmente, yster, ens., gevind wat deel van 'n huishouding se vuilgoed gevorm het. Die konteks waarin hierdie artifakte voorkom is hoogs belangrik, veral daar kleipype as 'n belangrike dateringsmiddel aangewend kan word.
Kleipype is van 'n suiwer, harde, roomwit klei met 'n bekopening van 10mm tot 15mm en 'n koplengte van ongeveer 45mm. Die stele is besonder dun en broos met 'n dikte van 5mm. 'n Heel pyp se steel kan enigiets wissel van 200mm tot 'n verbasende 500mm of selfs langer. Dié wat gevind word is egter altyd stukkend. Juis die rede waarom hulle oorspronklik op die vuilgoedhoop beland het!
Die klein pypkoppe van die 17de en 1ste helfte van die 18de eeu, is toe te skryf aan die hoë pryse wat vir tabak betaal moes word. Soos tabak egter goedkoper geword het, het die kleipype in grootte toegeneem. Dit blyk dat die meeste vroeë kleipype wat tans op Stellenbosch gevind word, van die middelpunt van die kleipypnywerheid, nl. Gouda, afkomstig was.


THE FIRE ENGINES OF STELLENBOSCH


Fire has been one of the main disasters faced by the inhabitants of Stellenbosch during the past 300 years. In December 1710, barely 30 years after the establishment of "de colonie van Stellenbosch" in 1679, the first devastating fire destroyed most of the village. In December 1803 a second conflagration razed 42 housed in addition to several other buildings and in 1875 many houses were again destroyed. The great number of thatch roofs and a strong South-Easter could turn a small fire into a major disaster within a very short time.
Fire fighting naturally became an important aspect of town life from the earliest years. The Minutes of the Council of Landdrost and Heemraden frequently mention the efforts made to organise the volunteer fire fighters effectively. In 1732 the first fire engine was bought for 60 guilders and four years later smoking on the streets of Stellenbosch was forbidden. Heavy penalties were imposed and Company officials found guilty of smoking in the street, were fined two months' salary! In 1780 a second fire engine was acquired and by the middle of the 19th century the town had three. Of these the museum possesses two and it is not known for certain what became of the third. There are indications that it was extremely dilapidated and consequently discarded early in this century. All these early fire engines were drawn by slaves and pumped manually.
In 1875 the first horse-drawn fire engine was bought. Constructed by the firm of Merryweather, the axles bear the date 1868.
Fifty years later the first motor driven fire engine was acquired after it had been demonstrated at the Paarl Show in 1924. Nicknamed Reo, it gave sterling service until 1942.
In 1964 a really professional looking machine joined the ranks of the old-times in the form of the Dennis. However, the fire fighting service remained a voluntary service until 1973 when the first salaried fire chief in the history of Stellenbosch, Mr P.G. Fourie, and 4 firemen were employed by the Municipality. Modern fire fighting equipment, more staff and a new fire station followed soon after. Today our town has an efficient and well-equipped Fire Department.


THE EARLY MUSLIMS OF STELLENBOSCH


Many slaves were brought to the Cape by the Dutch East India Company in the 17th and 18th centuries. Not only were these captives intended as labour for the Company itself but many were sold to the burghers in and around Cape Town and later to owners in Stellenbosch and other country areas as the colony expanded. By 1692 seven owners possessed a total of 43 slaves in Stellenbosch. By 1705 the slaves had increased to 205 and towards the end of the century the number of slaves in Stellenbosch exceeded 1 400. Slaves were also set free from time to time and several owned land in Stellenbosch. Louis of Bengal, who was allowed to purchase his freedom in 1672, was one of the first people to own a farm in the Jonkershoek Valley. In 1683 and 1685 Marquart and Jan van Ceylon also obtained farms in the area.
Although only a minority of these people originally came from the Malayan Archipelago they and their descendants all became known locally as Malays or Cape Malays. Since many had no connection with Malaya it would be more correct to use the term Muslims. (The Afrikaans word Slamse or Slamaaier being a corruption of "islam" is also appropriate).
Despite the early influx of muslims, Stellenbosch never had a large muslim community. Sheik Jussuf, who is generally considered to be the founder of Islam at the Cape, came to the Stellenbosch district in 1694. Banished from Batavia after his capture by the Dutch East India Company he lived with his retinue of wives, children and religious followers near the mouth of the Eerste River where his grave or kramat is still visited by thousands of muslim pilgrims every year.
Another colourful personality, also banished to the Cape by the Dutch East India Company, was the Pangerang Loring Pasür, a prince of Java, who was given a house to live in in Dorp Street, Stellenbosch in 1723.
In 1725 his brother, Prince Dipa Nagara, was also brought to Stellenbosch where he lived for 18 years. In 1749 rince Wargo Digma of Bantam and two rajahs were brought to Stellenbosch where the building of the old mill near the top of Dorp Street was put at their disposal.
The muslim community mainly excelled as craftsmen and merchants and in 1897 the first mosque was constructed in Banhoek Road.


SOURCES AND ADDITIONAL READING:


1. A.J. Boëseken: Slaves and Free Blacks at the Cape, 1658-1700. Cape Town, 1977. 2. F.R. Bradlow & Margaret Cairns: The Early Cape Muslims, Cape Town, 1978. 3. G.C. de Wet: Die vry bevolking in die Kaapse nedersetting, 1657-1707. Doktorale proefskrif, U.S. 1978. 4. J.L. Hattingh: Slawe en vryswartes in die Stellenbosse distrik, 1679-1795. Referaat gelewer op Stellenbosch by streekkonferensie, S.A.Hist. Vereniging, 12.10.1979 5. F. Smuts (ed.): Stellenbosch Three Centuries. Stellenbosch, 1979. 6. H.T. van Huyssteen & H. Meiring: Footloose in Stellenbosch. Cape Town, 1979.


WAT IS DIE MENAGERIE?


Dit is bekend dat Minseriestraat na die menagerie wat vroeërdae in die omgewing van Die Laan geleë was, vernoem is. Ons het altyd die romantiese gedagte gekoester dat hierdie menagerie 'n versameling van wilde of vreemde diere was, met ander woorde dat Stellenbosch al vroeg in sy geskiedenis 'n dieretuin gehad het.
Maar was hier ooit so 'n dieretuin in Die Laan op Stellenbosch? Na my mening, nee: ek het geen verwysing van die stigting en instandhouding van so iets in die notule van Landdros en Heemrade gekry nie en waar die woord menagerie wel voorkom, word dit gebruik in die sin van 'n plaaswerf, waar die landdros sy plaasdiere aangehou het. Ek haar graag die volgende bewyse aan:
Op 29 Aug. 1763, het die Heemrade afskeid geneem van landdros Van Schoor, wat in daardie jaar na Kaapstad vertrek het. Op dieselfde vergadering het hulle besluit om sy plaas Welgevallen net oorkant die rivier, aan te koop - sodat die landdros in die behoeftes van sy eie huishouding kan voorsien.
Voortaan noem hul Welgevallen "de bouwplaats" van die Drosdy, maar 18 jaar later (4.12.1780) besluit hulle om die "bouwplaats" voordelig te verkoop, hul skulde af te los en dan eerder die landdros met 300 guldens jaarliks te subsideer vir lewensonderhoud, want hy verloor gebruik van die "bouwplaats".
Die landdros wil egter nog koeie en hoenders aanhou en op dieselfde vergadering word besluit, op sy voorstel, om 'n koeistal en "berging" vir sy pluimvee op te rig ongeveer op die grond van die ou meule. Hier is 'n klaarblyklike verband tussen die verlies van die "bouwplaats", Welgevallen, en die bou van 'n koeistal en hoenderhok op 'n ander terrein en ook 'n aanduiding van die terrein, naamlik in die omgewing van die huidige Laan, want die "ou meule" was in daardie omgewingm - oos van die Drosdy op die sogenaamde Koloniesland. Hierdie lang smal stuk grond, eiendom van Landdros en Heemrade, het van die Drosdy af gestrek, al langs die rivier tot verby Coetsenburg plaasopstal.
In 1813 het landmeter Warnich hierdie grond opgemeet en gekarteer en daarop is, onder meer, 'n aantal geboue wat deel vorm van die tuingronde van die Drosdy baie duidelik aangemerk as menagerie (Sien Stellenbosch Drie Eeue pp. 158 en 159). Hierdie kaart (ook die Hertzog-kaart van 1817) dui presies aan waar die menagerie gelê het.
Maar om terug te kom tot die notule van Landdros en Heemrade: Op 5 September 1785 kom die woord menagerie, sover kon vasstel, vir die eerste keer voor. Die nuwe landdros, Hendrik Lodewyk Bletterman, wat minder as 'n maand gelede sy amp aanvaar het, vra 'n nuwe hoenderhok, naamlik "tot beschutting en gerief van't pluimgediert by de menagerie een muur in't vierkant met twee deuren" gebou word.
Op 9 Januarie 1786 word 'n uitbetaling van 622:8 guldens goedgekeur vir M. Byleveld vir hierdie werk. Op 7 Mei 1787 kla Bletterman weer dat hy reeds groot verliese gely het onder sy "vaderlandsche melkbeesten" en versoek dat die koste van 'n afdak op pilare wat hy op eie houtjie vir die koeie in die menagerie laat bou het deur die kolonie gedra word. Dit word toegestaan. Op 3 Oktober 1796 word landdros Van der Riet se voorstel om 'n vywer in die menagerie te laat bou aanvaar, maar in 1821 lyk dit of die vywer al verval het want landdros Van Ryneveld rapporteer in die jaar op 5 Februarie dat hy 'n muurtjie "van een konynhok geplaats in de vywer van de menagerie" hoër laat opbou het.
Dus pluimvee, koeie en konyne in die menagerie, maar geen sprake van wilde en vreemdsoortige diere nie.
Die enigste vraag wat oorbly is of die woord ooit in Nederlands in die sin gebruik is van 'n versameling plaasdiere. Die oorwegende betekenis in die Nederlandse woordeboeke is 'n "versameling van vreemde en seldsame diere"; tog gee Kuipers se Geïllustreerde Woordenboek (1907) "ook een verzameling van allerlei dieren" wat dus nie plaasdiere uitsluit nie. In Frans, (waarvandaan die woord natuurlik oorspronklik kom), volgens die groot Franse woordeboek van Robert (1959), het dié woord egter in die 17de eeu onder meer voorgekom inpresies die betekenis wat ek hierbo aanvaar het "dépendances d'une ferme (étable, bassecour) où l'on nourrissait les animaux domestiques" ("toebehore van 'n plaasstal, binneplaas waar die mak diere gevoer word"). In die lig van die bogenoemde getuienis kan ek nie anders nie as aanvaar dat dit aan die einde van die 18de eeu deur die Landdros en Heemraden van Stellenbosch in hierdie betekenis gebruik is.
F. SMUTS

SOME ASPECTS OF THE CAPE GARDEN BEFORE 1830


During a visit to the Cape in 1685 Guy Tachard wrote: "We were greatly surprised to find one of the most beautiful and curious gardens which I have ever seen in a country which appears to be the most barren and miserable in the world".1
Whatever we might think of Tachard's opinion of the Cape in general we are nonetheless grateful that he mentioned one exceedingly important characteristic of the Cape Settlement: the enthusiasm for gardening from the earliest days.
The popularity of orange trees goes back to the 17th century for we learn that Simon van der Stel, in his enthusiasm to establish the European Oak, (Quercus robur) at the Cape and in Stellenbosch had many orange trees replaced with oaks.2
But, the orange tree remained a favourite and in 1781 a learned Cape gardener, Isaak Abrahamse Planteseter, not only refers to the planting of orange pips in his journal but in his garden almanack ("Register op de tuin almanak der heden daagsche Caapsche tuinier om alles op zij t